Wie is Deon?

Deon Meiring is al sedert 2006 aktief in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf as die rock band Glaskas se hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer. In 2009 stig hy Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch.
Deon het in 2013 ’n solo-projek genaamd “Die Slaapkamer Sessies” aangepak waar hy vir 10 weke lank elke week ’n liedjie geskryf en opgeneem het in ’n nuwe slaapkamer. Die videos is dan op YouTube gedeeld.  Vir sy debuut solo EP “Die Slaapkamer Sessies” is 5 van hiertoe liedjies gekies en in ’n ateljee vervaardig en opgeneem.
Die tweede enkelsnit van die EP af, “Vingerafdrukke”, is gebruik in die 2015 film “Strikdas” se klankbaan.  Deon het slaapkamers gekies as ’n simbool van hoe liedjieskryf ’n manier is om iets intiem met die wêreld te deel.
Twee van Deon se gedigte is opgeneem in die 2016 bundel “Sterkykers” uitgegee deur LAPA Uitgewers en saamgestel deur Jaco Jacobs.
Deon skryf steeds liedjies vir al sy projekte en ook vir ander kunstenaars.

Comments

comments