Ons is hulle toekoms. Ons het kleure.
Ons is hulle toekoms. Ons het kleure.

Vir die mense wat standbeelde herontdek

Die mense met die groen verf.

Die mense met die kettings.

Ek vermoed julle is almal reg.

Dis reg om vir ‘n slag die geskiedenis met ‘n highlighter beet te pak.

Hulle het nie highlighters gehad nie.  Maar ons is hulle toekoms.  Ons het kleure.

Dis reg om jouself vir ‘n slag vas te ketting aan die verlede.

Veral as jy ook nie regtig daarvan bevry is nie.

Ons het waarskynlik standbeelde nodig.

Al is dit soms sodat ons kan kwaad wees.

Want ‘n standbeeld kan nie aanstoot neem nie.

Net aanstoot gee.

Dis eintlik baie raar in ons tyd.

Comments

comments

css.php