Deel dié lirieke met jou vriende:

As jy mooi luister
sal jy hoor
hoe bedaar die geraas

As jy stil sit
kan jy voel
hoe die mure ons weerkaats

Slim en saaklik
kan ons verduidelik
hoe ons breine
gevoelens opmaak
maar wetenskaplik
weet ek
jou voetspore bewys
jy het aan my geraak

Jy kan maar gerus aan my raak
jou vingerafdrukke
is lig genoeg om
saam met my te dra

Soos komete is ons
botsingsgebonde
as ons leeftyd toelaat
onafwendbaar bestem
om dalk net eenmaal
verby mekaar te skraap
ongeag toeval en reëls
van die heelal
vind ons mekaar
dra ons die bewyse onsigbaar
vingerafdrukke
jy het aan my geraak

Jy kan maar gerus aan my raak
jou vingerafdrukke
is lig genoeg om
saam met my te dra

Deel dié lirieke met jou vriende:

Comments

comments