Deel dié lirieke met jou vriende:

As ek ooit

(Lirieke deur Deon Meiring)

As ek ooit
‘n sneeuman word
maak dan seker
dat ek smelt
dat ek kan vloei
tot in die see
dat ek verdamp
tot dit weer reën

As ek ooit
‘n kaart moet wees
maak dan seker
dat ek moeilik lees
dat reisigers
deur my verdwaal
die vreugdes leer
van swerwer wees

As ek bloot
‘n mens moet wees
Laat ek aanhou dwaal
en beweeg
As ek dan
‘n mens moet wees
dan is dit so
is dit so, is dit so

As ek ooit
‘n plafon moet wees
maak dan seker
ek is vol gate
sodat mense
nat kan reën
na sterre kan kyk
in die aande

As ek bloot
‘n mens moet wees
Laat ek aanhou dwaal
en beweeg
As ek dan
‘n mens moet wees
dan is dit so
is dit so, is dit so

As ek ooit
‘n sneeuman word
maak dan seker
dat ek smelt
dat ek kan vloei
tot in die see
dat ek verdamp
tot dit weer reën

Deel dié lirieke met jou vriende: