Hier is my nuutste enkelsnit en musiekvideo “Ek behoort aan die see”:

Ek het naby aan die see grootgeword in Humansdorp.  Dis ‘n plattelandse dorpie so min of meer tussen Jeffreysbaai en St.Francis en Kaap St. Francis.  Ek is my hele lewe lank lief vir die see (soos baie ander mense).  Hierdie is die eerste keer in my lewe dat ek ‘n liedjie skryf as ‘n definitiewe huldeblyk aan die see.  Die video is ook verfilm in Jeffreysbaai, St.Francis en Kaap St. Francis.  Ook interessant: Die liedjie gaan nie net oor die see nie, maar is ook in C.

Comments

comments