Ek sal nie sê ek en Zinelda is fynproewers van nachos nie. Ons gooi net alles bymekaar wat lekker klink.

Chips? Ja! Kaas? Ja! Avokadopeer? Ja! Room? Ja! Nog kaas? Asseblief!

Ons kan seker nie elke aand so eet nie, maar dis seker ook goed vir jou om so af en toe darem net iets te doen omdat dit lekker is? Lekker het ook voedingswaarde.

Ek verwelkom enige kommentaar oor hoe cheesy dit is. Dit is immers nachos.

Comments

comments