In die vorige sessie het supermarkrye opgekom

Ek het onlangs self ook in die ry gestaan by die supermark.

Dit is altyd vir my moeilik om te kies watter ry, want ek wil so vinnig as moontlik voor kom.

Dié keer het ek die regte ry gekies – ’n kort een wat vinnig beweeg.

In die ry langs my kon twee mense dit egter nie hanteer nie.

Toe die ou voor my klaarmaak, besluit hulle om voor my in te druk, want hulle staan toe mos al lank genoeg in hulle ry.

Gelukkig vir my het die dame agter die toonbank hulle reggehelp en gesê dis nie hoe dit werk nie.

Maar ek kan vereenselwig met die mense wat voor my ingedruk het.  Ek kyk gereeld na ander mense en wonder hoekom dit soveel lekkerder lyk daar waar hulle is.

Soms in so ’n situasie besluit mens uit frustrasie om by ’n nuwe ry aan te sluit, maar teen daardie tyd is dit gewoonlik ook te laat en moet jy in elkegeval weer wag.

Die aantrekkingskrag van ander se omstandighede is eintlik ’n lokval vir ons.

Dit is maklik om oorhaastig in te druk, maar as iemand ons dan daaroor aanvat het ons skielik die wêreld se tyd om almal te laat verstaan dat dit eintlik ons reg is.  Hoekom was ons dan so haastig as ons nou skielik tyd het vir stry?

As ons minder boekhou van ander se omstandighede, is dit makliker om vrede te hê waar ons onsself bevind.

Kontak my

Comments

comments