90sekondesessies Episode 1

‘n Opsomming en skakels vir meer oor dit wat ek in Episode 1 van 90sekondesessies gesê het:

Advice_Web

Kan mens iets betekenisvol sê in 90 Sekondes?

Het ons nie juis al te veel kitsverpakte onderbrekings in ons lewens nie?

Vinnige videogrepe en oppervlakkige foto’s is mos hoekom ons uiteindelik heeldag vasgegom is aan ons slimfone.

Wil ons nie liewer terugkeer na die ou waardes nie?

Wel, onthou byvoorbeeld:

Chappie papiertjies met kort en kragtige “Did You Know?” stellings of selfs

Radio bulletins?

Of langer terug:

Fr. James Martin, het agtergekom al Jesus se bekende saligsprekinge bv: “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal getroos word.” kan in 140 karakters of minder uitgeskryf word.  Met ander woorde daardie wyse gesegdes van Jesus – is Tweetbaar.  Praat van tydloos.

Annie Dillard het gesê: “How we spend our days is, of course, how we spend our lives.”

Elke dag

Hoe lank:

Borsel jy tande?
Stuur jy ’n boodskap op jou foon?
Stop jy by ’n straathoek met ’n bedelaar?
Staan jy in die ry by die supermark?

Dalk kan jy daai tyd gebruik om:

Jou gedagtes te orden voor die badkamerspieël.

Tog te reageer op daai boodskap wat jy heeltyd vermy.

Te glimlag en te gesels met die mens op die straathoek.

Net weer asem te skep in die supermark se ry.

Want sien – kort interaksies is nie net die kleiner boublokke van ons groter lewens nie, maar staan die kans om selfs betekenisvol en tydloos te wees.

Mense haal nou nog daardie 140 karakter sêgoed van Jesus aan.

Kontak my

Comments

comments